2

Sentrale  Volkskool  wil  u  en  u  organisasie  bedank  vir  die  wonderlike  donasie  wat  u  aan  ons skool  gemaak  het.  Dit  is  vir  ons  `n  riem  onder  die  hart  dat  u  aan  ons  leerlinge  gedink  het  wat in  tye  maar  swaarkry.

Dankie  dat  u  organisasie  deel  van  ons  skool  is  en  dat  ons  met  u  geassosieer  kan  word.  Sterkte met  die  groot  werk  wat  voorle,  want  ons  weet  dat  u  in  baie  ander  skole  ook  bele.

Nogmaals  dankie  vir  u  oop  hand  en  u  omgee  vir  kinders.

SkoolHoof - Sentrale Volkskool

   
Laerskool Dr Annecke

Baie dankie hiervoor.  Ons is regtig baie beïndruk met julle diens!

Nogmaals baie dankie.

Lekker daggie.

Groete

Christelle Meyer - Laerskool Dr Annecke

   
Laerskool Swartkop

Dankie Jeanette.  Ek sal so gou as moontlik laat weet indien daar nog is. Julle het in elk geval al iets reggekry wat ek nog nie kon nie!!!

Groete

Amanda - Laerskool Swartkop

   
Bekker Wapen 2013 amptelike skoolwapen

Dankie vir jou besoek, Jeanette.  Dankie aan julle vir al die werk en inbetaling.  Word waardeer.

Ingrid dankie vir al jou moeite!!!

Groete
Nandi Friedrich - HS Bekker

   
Fichardtpark Primêr

Graag wil ons as skool van die geleentheid gebruik maak om al die  betrokke persone by Prosperitas en FEDSAS geluk te wens met 'n puik werkswinkel wat deur u aangebied is op 29 Februarie 2016.

Dit het voorwaar baie onduidelikhede uit die weg geruim en die inligting wat gedurende die werkswinkel ontvang is, is van onskatbare waarde.

Nogmaals baie  dankie vir die geleentheid om die werkswinkel te kon bywoon en dit gaan verseker bydra dat skole hoër hoogtes bereik.  

Groete.


Mnr Marius Kriel
Skoolhoof
Fichardtpark Primêr

   
Carolina Akademiese Skool

Hallo Wilma,
Hoop dit gaan goed.  Baie dankie vir die verslae.
Ek is jammer dat ek nou eers die e-pos stuur, maar dit gaan dol by die skool - baie dankie vir 'n baie oulike werkswinkel.
Lekker dag.
Groete

Sandra
Carolina Akademiese Skool

   
Laerskool M L Fick

Hi Wilma,

Baie dankie vir die verslae, maar ‘n baie groter “baie dankie!!!!” vir al die insette wat jy en jou span lewer om die skuld in te vorder.
Geseënde week vir julle oorlaai met voorspoed!
Potjiestroom groete!

Jolanda
Laerskool M L Fick

   
   

sidebar1 1

sidebar2 1

sidebar3 1

sidebar4 1

Payment Arrangements

Should you want to pay with a debit order please provide us with the following by completing all relevant information!

 or

Call us on 0861776777

Quick Contact

For more information please
Call: 086 177 6777

Our office hours are
Monday - Friday 7:30 - 16:30

admin@prosperitas.co.za

Job Opportunities

We are currently looking for the following people :

2x Call Centre Agents


If you are interested and have any experience please contact us !