Hier is van die gereelde vrae wat ons ontvang, indien jy graag iets wil bydra kontak ons gerus!
Wie is Prosperitas?
Prosperitas is die top invorderingsmaatskappy wat fokus op die invordering van skoolgelde.
Watter ander dienste lewer Prosperitas aan skole?
Buiten invordering van skoolgeld doen ons ook die volle debiteure bestuur van 'n skool se rekeninge. Verder hanteer ons vrystellings en opleiding wat op 'n jaarlikse basis in samewerking met FEDSAS aangebied word vir skole.
Is Prosperitas geregistreer by die Raad van Skuldinvorderaars in terme van Wet 114 van 1998?
Prosperitas is geregistreer en voldoen aan die vereistes om alle konsultante te registreer in terme van die wet.
Waarom moet u Prosperitas kies?
Prosperitas beskik oor goed opgeleide personeel, 'n tegnologiese gevorderde stelsel wat die opvolg van wanbetalings vergemaklik. Toegewyde kliëntbestuurders maak seker dat die skole ten alle tye die beste diens ontvang.
Mag Prosperitas wanbetalers aan die kredietburo (ITC) raporteer?
Ja, nadat die nodige kennisgewing aan die debiteur gegee is in terme van die Kredietwet.
Wie is verantwoordelik vir die betaling van skoolgeld?
• Beide biologiese ouers of aanneem-ouer of wettige voog van 'n leerder;
• Die persoon met wettige aanspraak op sorg vir 'n leerder; of
• Die persoon wat onderneem om die verpligtinge van 'n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.
Hoekom kan ek nie direk by die kredietverskaffer betaal nie?
Die rekening is aan ons kantore oorhandig vir invordering deur die skool / kredietverskaffer. Dit is raadsaam dat u direk aan ons betaal sodat alle betalings betyds gekrediteer word en geen onnodige kostes aangegaan word nie.
Sal die paaiement verminder kan word as ek dit nie meer kan bekostig om dit te betaal nie?
Dit is belangrik dat alle aspekte van die uitstaande bedrag, kapitaal, koste en rente gedek word en dit is dus raadsaam dat 'n maandelikse betaling van minstens 10% van die uitstaande bedrag gemaak word om te verseker dat die rekening binne 'n redelike tydperk afbetaal word. As u dit egter nie kan bekostig nie, kan u ons kontak en 'n kleiner paaiement onderhandel.