2

Sentrale  Volkskool  wil  u  en  u  organisasie  bedank  vir  die  wonderlike  donasie  wat  u  aan  ons skool  gemaak  het.  Dit  is  vir  ons  `n  riem  onder  die  hart  dat  u  aan  ons  leerlinge  gedink  het  wat in  tye  maar  swaarkry.Dankie  dat  u  organisasie  deel  van  ons  skool  is  en  dat  ons  met  u  geassosieer  kan  word. 

Sterkte met  die  groot  werk  wat  voorle,  want  ons  weet  dat  u  in  baie  ander  skole  ook  bele.

Nogmaals  dankie  vir  u  oop  hand  en  u  omgee  vir  kinders.

Skoolhoof - Sentrale Volkskool

   
ls kameelfontein

Ek wil graag baie dankie sê vir julle harde en baie ondankbare werk.  Julle diens is van die beste gehalte en julle vriendelikheid maak dit sommer maklik om saam met julle te werk.  Omdat ek self die invorderings doen weet ek dat dit soms ‘n baie moeilike werk kan wees maar Prosperitas doen dit met styl en finesse en baie vriendelikheid.   Julle terugvoer is ook fantasties en state word op tyd uitgestuur en betalings kom klokslag elke maand in.  Ek het nog nooit met ‘n navraag geskakel waar julle my nie baie flink en professioneel geantwoord het nie.

Wees verseker van ons volgehoue ondersteuning

Groete
Ansie Smith

   
hts sasolburg

Baie dankie vir die hulp met die invorderings!! En die verslae elke maand.

Julle lewer u puik diens en help my geweldig baie.

Spanner groete!

Leoni
HTS Sasolburg

   
Laerskool Swartkop

Dankie Prosperitas.  Ek sal so gou as moontlik laat weet indien daar nog is. Julle het in elk geval al iets reggekry wat ek nog nie kon nie!!!

Groete

Amanda - Laerskool Swartkop

   
Bekker Wapen 2013 amptelike skoolwapen

Dankie vir jou besoek, Dankie aan julle vir al die werk en inbetaling.  Word waardeer.

Ingrid dankie vir al jou moeite!!!

Groete
Nandi Friedrich - HS Bekker

   
 ps senekal

Baie dankie vir die verslag.  Ons sal sekerlik vanaf volgende week weer vir julle ‘n klompie “werk” deurstuur.  Gaan net baie dol tans met ons konsert hierdie week.

Baie dankie vir al jul vriendelikheid, bedagsaamheid en mooi manier van met my saamwerk. – Waardeer dit baie Lorrain is ook uiters bekwaam en ongelooflik oulik en bedagsaam.

Baie sterkte vir julle.
Groete.

   
Carolina Akademiese Skool

Baie dankie vir die verslae.
Ek is jammer dat ek nou eers die e-pos stuur, maar dit gaan dol by die skool - baie dankie vir 'n baie oulike werkswinkel.
Lekker dag.
Groete

Sandra
Carolina Akademiese Skool

   
Laerskool M L Fick

Baie dankie vir die verslae, maar ‘n baie groter “baie dankie!!!!” vir al die insette wat jy en jou span lewer om die skuld in te vorder.
Geseënde week vir julle oorlaai met voorspoed!
Potjiestroom groete!

Jolanda
Laerskool M L Fick

   
   

Kant Menu2 1

Kant Menu1 1

Kant Menu3 1

Kant Menu4 1

Betalingsooreenkoms

Indien u wil betaal met 'n debietorder voorsien ons asseblief van die volgende deur die voltooiing van alle relevante inligting!

of

Skakel ons gerus op 0861776777

Kontak Besonderhede

Vir meer inligting kontak ons op
086 177 6777

Ons kantoor is soos volg
Maandag - Vrydag 7:30 - 16:30

admin@prosperitas.co.za

Werks Geleenthede

Ons is tans opsoek na die volgende persone:

Inbelsentrum agente
Data Laaier
Finansiele Assistent

Indien jy belangstel en enige ondervinding het kontak ons gerus!