Prosperitas is 'n goed gevestigde skuldinvorderingsmaatskappy wat in die jaar 2000 gestig is wat al die afgelope 19 jaar vanuit Pretoria praktiseer en wat fokus op die invordering van agterstallige skoolgelde.

Prosperitas is tans betrokke by 585 skole en 217 ander kliënte in al 9 provinsies.

 

provinsiale kaart 20200316fw


Prosperitas is geregistreer by die Raad vir Skuldinvorderaars in terme van Wet, 114 van 1998.

Prosperitas is ook lid van die volgende instansies:

  • Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS)
  • Association of Debt Recovery Agent (ADRA)

Deur van ons kundigheid gebruik te maak word die opvoeders en beheerliggame losgemaak van die konflik ten opsigte van die invordering van skoolgelde en kan die skole dus nou fokus op die kwaliteit van opvoeding.  Om kwaliteit van opvoeding te bevorder het die skole middele en fondse nodig om die doelwitte te bereik.

Prosperitas word 'n verlengstuk van die skool wat daarop fokus om met die debiteur te skik eerder as om te litigeer.  Ons glo dat dit egter nodig is om alreeds met die begrotingsproses die dokumente en prosesse te hersien en in plek te kry sodat alles 100% reg verloop vanaf inskrywings stadium tot finale betaling.  Prosperitas glo dat dit sinvol is om nie-kerndienste uit te kontrakteer waarvan skuldinvordering 'n baie belangrike deel vorm.

Vir ons is dit prioriteit om te alle tye 'n goeie en professionele kliëntediens te lewer vir ons kliënte en ons kan 'n verskil maak aan die skool se kontantvloeiposisie.  Verbeter u skool se kontantvloei drasties deur van die vaardighede van 'n spesialis op skoolgelde gebruik te maak wat u skoolgelde vinnig en konflikvry kan invorder.

Prosperitas Besigheids struktuur lyk soos volg

struktuur

Kant Menu2 1

Kant Menu1 1

Kant Menu3 1

Kant Menu4 1

Betalingsooreenkoms

Indien u wil betaal met 'n debietorder voorsien ons asseblief van die volgende deur die voltooiing van alle relevante inligting!

of

Skakel ons gerus op 0861776777

Kontak Besonderhede

Vir meer inligting kontak ons op
086 177 6777

Ons kantoor is soos volg
Maandag - Vrydag 7:30 - 16:30

admin@prosperitas.co.za

Werks Geleenthede

Ons is tans opsoek na die volgende persone:

Inbelsentrum agente
Data Laaier
Finansiele Assistent

Indien jy belangstel en enige ondervinding het kontak ons gerus!